BernuIn 2014 het ek aan die Hoërskool Hennenman (3 onderskeidings) gematrikuleer. Nou is ek – vier jaar later – besig met B.A. inligtingstegnologie nadat ek in 2017 ʼn diploma in inligtingstegnologie Cum laude verwerf het.

Van my kinderdae af het ek ’n liefde vir tegnologie. Dit is al lank ʼn droom van my om ʼn groot sukses op hierdie gebied te maak. Ek is ten volle verbind daartoe om die beste van my studies en my loopbaan te maak.

Harde werk is immers een van die geheime tot sukses.

Noordelike Helpmekaar het dit vir my moontlik gemaak om my studies met sulke groot sukses te kon voorsit. Daarom: ʼn groot dankie!