christelle

Ek het in 2013 aan Hoërskool Noordheuwel gematrikuleer met tien onderskeidings, en het in 2014 as eerstejaar by NWU se Potchefstroom-kampus ingestap.

Nou is ek derde jaar en is besig om B.Sc. aktuariële wetenskappe te swôt in ‘n poging om my graad aan die einde van die jaar te voltooi. Hoewel dit as rigting baie uitdagings bied, weet ek dat finansies nie een is nie – te danke aan die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds.

Ek wil Helpmekaar bedank vir die finansiële bystand wat aan ons as studente gebied word, asook die erkenning wat aan hardwerkende studente deur middel van meriete toekennings gegee word. Ek beplan om aan die einde van die jaar Amerika toe te gaan. Die meriete toekenning sal my beslis help om daardie droom te bewaarheid.

Baie dankie Helpmekaar, vir die verskil wat julle in so baie studente se lewe maak! Dit word beslis opreg waardeer deur almal van ons.