DeanGebore in Gaberone, Botswana in 1996, maar ek het in Pretoria grootgeword, waar ek in 2014 gematrikuleer het aan die Afrikaans Hoër Seunskool. Op skool het ek deelgeneem aan tennis en rugby.

In 2015 het ek ʼn “gap” jaar geneem en tydelik gewerk by die Body Logic Health Club in Pretoria.

Tans is ek derde jaar by die Landboukollege Elsenburg in Stellenbosch, waar ek besig is met ʼn oorbruggingsjaar in keldertegnologie, met hoofvakke wynchemie en wynkunde. My doel is om wynmaker te word.

Ek leer van die chemiese aspekte van die hele wynmaakproses, asook van die verskillende organismes en metodes wat by wynmaak betrokke is. Volgende jaar doen ek my laaste jaar prakties by ʼn wynkelder.

Ek is bevoorreg om gedurende vakansies te kan werk op ʼn druiweplaas in die distrik Kakamas in die Noord-Kaap, waar ek baie praktiese ondervinding  opdoen.

Baie dankie aan die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds dat ek ʼn merietetoekenning kon ontvang, Dit is ʼn groot eer en motivering om erkenning vir jou harde werk te kry. Sonder sulke hulp sou hierdie dinge nie moontlik gewees het nie