DominiquDit is vir my ‘n uiterste eer om hierdie toekenning te kon ontvang.

Ek het in 2014 aan die Hoërskool Bothaville gematrikuleer. Na hoërskool het ek met my studies in gasvryheid– en spysenieringsbestuur begin. Ek is gaande oor wat ek doen en kan daagliks nie wag om meer te leer en nuwe geleenthede aan te gryp nie.

My bedryf verg uithouvermoë en tonne passie, maar ek kan aan niks anders dink wat ek eerder sou wou doen nie.

Wanneer ek nie werk of studeer nie, spandeer ek graag tyd aan kook, lees en stap. Ek sien uit daarna om dié bedryf deel van die res van my lewe te maak.

Om jou passie te kan uitleef en enige vorm van onderwys te kan ontvang is nie ‘n reg nie, dit is ‘n seën en daarvoor is ek vir die Noordelike Helpmekaar Studiefonds ewig dankbaar. Hulle maak werklik ‘n verskil in baie studente en hulle ouers se lewens.

Dankbaarheid gee sin aan gister, gee vrede aan vandag en skep ‘n droom vir môre.