elfrieda

Ek het in 2013 gematrikuleer aan die Hoërskool Florida met 5 onderskeidings en die distriksprys gewen vir die hoogste gemiddeld in Engels 2de taal. Sportsgewys het my droom ook waar geword om in die nasionale onder 18-netbalspan opgeneem te word. My groot droom was om te gaan studeer aan die Universiteit van Pretoria, waar ek nou in my derde jaar is (B.A. sielkunde).

My doel is om goeie punte te kry sodat ek aanvaar kan word vir honneurs in sielkunde en later vir ‘n meestersgraad in kliniese sielkunde. Ek voel ek is al halfpad daar en kan nie wag nie.

Die lewe as student voel soos die beste tyd in my lewe, maar ook die moeilikste. Die kursus neem baie van my tyd – nie net gedurende die dag nie, maar selfs tot in die vroeë oggendure. Die uitkoms is egter altyd die moeite werd.

Baie dankie Helpmekaar, vir die ondersteuning en die bydrae tot my droomkursus. Ek het die toekenning ontvang in die middel van ‘n baie besige semester en dit het my sommer ‘n lekker hupstoot en motivering gegee.