ElzanneEk is tans sterk op pad na my finale jaar in MB ChB, wat in Augustus al begin! Ek kan dit amper nie glo nie!

Ek studeer aan die Universiteit van Stellenbosch nadat ek oorgeplaas is van die Universiteit van Pretoria. Daar het ek drie jaar van hul mediese kursus voltooi.

Ek moes egter aftrek na die mooie Kaap weens persoonlike redes. Tydens die skuif het hulle my twee jaar teruggeskuif weens die verskil in die aanbieding van die kursus.

Dit was ʼn swaar pil om te sluk, maar ek is daardeur en ek geniet elke oomblik van hierdie wonderlike, maar komplekse studieveld. Medisyne is waarlik ʼn plek waar ʼn mens elke dag meer van jouself en van ander mense leer.

Ek het ’n passie vir chirurgie en navorsing in verskeie gebiede, maar meestal in genetiese siektes. Ek het is bevoorreg om in Junie 2017 die universiteit te gaan verteenwoordig by ’n internasionale kongres oor ‘n minder algemene siekte waarvan ons graag meer in Suid-Afrika wil weet.

Verder hou ek van rotsklim, branderry en alles wat buite en lekker is. Ek sal graag eendag in oor-neus-en-keel-chirurgie wil spesialiseer of pediatriese chirurgie, maar ons sal kyk waar die draaie van die lewe my vat.

Ek is bitter dankbaar vir die Noordelike Helpmekaar Studiefonds en hulle voortdurende ondersteuning. Sonder hulle sou ek nie my geleenthede kon gebruik nie.