JanriEk het in 2012 met 4 A’s en 4 B’s aan Helpmekaar-Kollege gematrikuleer.
In 2013 het ek by Wits begin met BSc gesondheidsdienste – met die hoop om in my tweede jaar vir die mediese klas te kwalifiseer.

In Januarie 2014 het die universiteit gebel om te sê dat ek wel toelating gekry het! In my tweede studiejaar as ’n volwaardige mediese student is ek genooi om ‘n lid van die Golden Key Society te word omdat ek in my eerste jaar in die top 15% van my kursus presteer het.

Nou is ek in my vyfde jaar medies en geniet elke oomblik. Ek is baie dankbaar vir almal wat my ondersteun om my passie te kan lééf.

 

 

Die Gauteng Departement van Gesondheid het vanjaar ook vir my ’n beurs aangebied. Die Helpmekaar-Studiefonds se finansiële ondersteuning het my toegelaat om my studies tot dusver te voltooi sonder finansiële druk vir my of my ouers.

Dankie vir die geleentheid om my droom te laat waar word.