joanneSjoe! Wat ʼn verrassing en ʼn ongelooflike voorreg om ʼn merietetoekenning te ontvang! Ek wil graag uit my hart dankie sê vir die finansiële ondersteuning wat Helpmekaar my bied. Sonder die ondesteuning sou dit nie vir my moontlik gewees het om my passie/lewensdroom te kon verwesenlik nie, naamlik om onderwyseres te word.

Ek wil ook my opregte dank teenoor my Hemelse Vader uitspreek, want sonder Hom is niks moontlik nie.

Ek is tans finalejaar B.Ed. (grondslagfase) en is vir die 3de keer lidmaatskap van Golden Key aangebied – die internasionale vereniging wat die top-15%  studente in hul studievelde vereer.

Die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds maak ʼn ongelooflike verskil in die ontwikkeling van die lewe van jongmense, net soos onderwysers ook ʼn verskil kan maak.

Ek wil onderwyser word omdat ek kinders en jongmense liefhet en omdat ek dit geniet om te sien hoe hulle ontwikkel, groei, bekwamer en vaardiger word en hul plek in die wêreld  volstaan.