Laenita

Van plaasmeisie tot wetenskaplike! Ek is nou 5de jaar by die PUK en besig met my derde graad. Die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds het my in staat gestel om reeds twee grade te voltooi en nou is ek ʼn gelukkige Meesters- student in astrofisika. Praat van drome navolg! Ek sou dit nie sonder Helpmekaar kon doen nie. 

Astrofisika gee jou perspektief. Ons is so klein in vergelyking met die massiewe sterre, molukulêre wolke en swart gate. Hierdie studieterrein laai jou nie net met inligting nie, dit leer jou ook om te dink. Dit is net soveel pret as wat dit uitdagend is! 

Ek leer so baie, ook oor die lewe. Met elke tree beweeg ek nader aan ʼn droom wat ʼn paar jaar gelede net ʼn fantasie was. Die raad wat ek aan almal wil gee, is moet nooit opgee nie. En moenie jou grootste drome vir ‘n kleiner, meer bereikbare, een verruil nie.

Die heel belangrikste is: Onthou dat God jou vashou en dat Hy jou sukses gee en prys Hom in alles wat jy doen. Soos Fillipense 4:13 sê:  “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.”