MarneEk het in 2014  aan die Hoërskool CVO Gromar gematrikuleer.

Ek studeer sedert 2015 BCom GR by die Noordwes Universiteit se Potchefstroom–kampus. Ek is ‘n trotse inwoner van Minjonet-dameskoshuis.

Ek is lid van die Golden Key Society.  Dit is ‘n vereniging wat studente vereer wat in die top 15% van hul studierigting is.

Die meriete toekenning is inderdaad ‘n groot voorreg wat my  motiveer en inspireer  om aan te hou om hard te werk.

Baie dankie Helpmekaar, vir die verskil wat julle in so baie studente se lewe maak! Dit word opreg waardeer deur almal van ons.