NaithanEk het in 2013 aan die Hoërskool Grenswag in Rustenburg met 8 onderskeidings gematrikuleer.  Ek is tans besig met my 3e jaar MB ChB by die Universiteit van Pretoria.

Te danke aan Helpmekaar se studiefonds en ‘n wonderlike ma, is ek bevoorreg  om die kans op tersiêre onderrig te kry.  ‘n Droom wat bewaarheid is.

Die kursus het sy uitdagings en verg ongelooflik baie elke dag, maar ek sal die kans vir niks verruil nie!

My droom is om die beste pediater te word wat ek kan wees, om ʼn glimlag op ‘n kind se gesig te sit na al die seer – dít is waaraan ek vasklou.

Dankie is net ‘n klein woord, maar beteken die wêreld vir my…