petriEk is oorspronklik van ’n klein dorpie in Gauteng, maar is tans ʼn mediese student op Stellenbosch. My sesde en finale jaar sal ek in 2018 voltooi.

Einde 2017 het ek aansoek gedoen om my finale jaar in ʼn perifere hospitaal te voltooi en was gelukkig genoeg om een van drie studente te wees wat in die pragtige kusdorp Hermanus geplaas is.

Die provinsiale hospitaal in Hermanus is dus vir my die ideale plek om my teoretiese kennis van die afgelope vyf jaar prakties te konsolideer.

My plan is om aansoek te doen dat ek volgende jaar my internskap van twee jaar in Durban begin.

Ek loop nou al ʼn lang pad saam met die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds en is baie gelukkig om van die uitstekende dienste gebruik te kan maak. Ek sou voorwaar nie die lang en duur kursus kon voltooi sonder sulke hulp nie.