riaanEk het in Springs grootgeword, waar ek in 2015 aan die Hoërskool Hugenote gematrikuleer en 6 onderskeidings gekry het. In my matriekjaar het ek in die skool se dissiplinêre komitee gedien. Ek het aktief aan krieket deelgeneem en was kaptein van die skaakspan.

Nou is ek  derde jaar B.Com. (GR) aan die NWU se Potch-kampus. Hoewel dit baie harde werk verg – dis ʼn moeilike graad – geniet ek dit baie. Ek is ook ’n trotse inwoner van die manskoshuis Laureus en neem deel aan verskeie koshuisaktiwiteite.

In 2017 is ek danksy uitstekende akademiese prestasies genooi om lid te word van Golden Key. Dis ʼn internasionale vereniging wat studente vereer wat in die top-15% in hul studierigting is.

Baie dankie Noordelike Helpmekaar-Studiefonds vir die finansiële ondersteuning asook vir die eer om ’n merietetoekenning te ontvang. Dit word opreg waardeer!