rohank

In 2013 het ek aan die Hoërskool Monument met 8 onderskeidings gematrikuleer. Tans is ek besig met my tweede jaar medies aan die Universiteit van Pretoria.

In my eerste jaar het ek in die meeste van die modules met lof geslaag. Op die oomblik het ek nog nie my tweede jaar se punte nie, maar weet dat ek al my vakke gepromoveer het. Dit beteken my gemiddeld is bo 60% en daarom hoef ek nie eksamen te skryf nie.

Ek is in die mediese manskoshuis Olympus; dien in die koshuis se kultuur-, jool- en sosiaal-komitee, en verteenwoordig die koshuis in skaak.

My studierigting is baie bevredigend, al is dit uitdagend en uitputtend. Ek is baie dankbaar vir die voorreg wat ek het om medies te studeer, en is ontsettend dankbaar dat Helpmekaar dit vir my moontlik maak om te studeer. Dié merietetoekenning was onverwags en ’n aangename verrassing. Dit motiveer my om nog beter te presteer.