SonelEk het in 2015 aan die Hoërskool Kempton Park gematrikuleer met 4 onderskeidings. Ek is nou ‘n tweede jaar-student by Vega School of Brand Leadership, waar ek visuele kommunikasie studeer.

Die universiteitslewe is uitdagend en harde werk, maar lekker! Ek kan met sekerheid sê dat ek presies is waar ek twee jaar gelede gehoop het ek sal wees.

My doelwit is om graad te vang met punte wat my toegang tot ʼn honneursgraad sal gee. Ek weet dat dit met bloedsweet en trane  moontlik  sal wees. ‘n Mens pluk altyd die vrugte  van harde werk!

Hiermee wil ek graag die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds bedank vir die geleentheid wat hulle my bied om ‘n suksesvolle loopbaan te verseker. Dis ‘n groot aansporing om te weet dat al die harde werk beloon is met ‘n merietetoekenning . Ek kan voorwaar nie genoeg dankie sê nie. Dankie, dankie, dankie!