Werner VenterEk is tans vyfde jaar medies by SMU en is trots om te sê dat ek my vierde jaar einde 2017 weer met lof geslaag het. Hoewel die vyfde jaar nóg harder werk van my vereis weens langer ure se werk in die hospitaal en meer studiewerk, is ek steeds opgewonde en bly positief. Ek kan nie glo die einde is in sig nie!  Ek sien uit na die toekoms. My droom is om myself te bekwaam as narkotiseur, aangesien ek hierdie spesialisveld uiters interessant vind en my uitslae die beste was in hierdie afdeling.  Die interaksie met medestudente van verskillende kulture, beskou ek as ‘n voorreg. Ek kan met trots sê dat ons almal mekaar respekteer en baie goed  as ʼn span saamwerk. Die uiters bekwame mediese personeel motiveer my om in hul voetspore te volg – ‘n goeie voorbeeld vir studente!  Ek wil weer eens vir Helmekaar uit my hart bedank vir nog ʼn jaar se finansiële bystand en ondersteuning! Ek waardeer dit baie.  Ek is opgewonde om ʼn verskil te kan maak in die lewe van ander. Soos George Eliott gesê het: “What do we live for if not to make the world less difficult for each other?”