Wilmari

Vyf jaar gelede, in 2013, het ek by die Hoërskool Randburg gematrikuleer (8 onderskeidings gekry). Nou is ek vyfde jaar medies by Tuks. Tot dusver is vanjaar ʼn bietjie minder uitdagend as laas jaar, wat baie welkom is.

Ek geniet dit nog elke dag en met die einde van my studies in sig, begin ek nou dink aan moontlike spesialisering. Diverse rigtings soos trauma en plastiese chirurgie klink na goeie uitdagings.

In my vrye tyd geniet ek dit om te skilder en te lees. Ek hou ook van “gaming” en om saam met my vriende te kuier.

As uitruilstudent in Duitsland het ek gesien dat daar ‘n hele ander wêreld bestaan, wat ek baie graag sal wil verken. Maar op die oomblik kom my studies eerste.

Namate my studies vorder, begin ek ook daaraan dink om ná my kursus so ʼn bietjie in ander lande te gaan werk. Europa en Japan is bo aan my wenslys. Ek beplan ʼn kort toer deur Europa aan die einde van die jaar en spaar waar ek kan. Hierdie merietetoekenning gaan beslis baie help daarmee!

Dit was ʼn baie aangename verrassing om ʼn vierde keer ʼn merietetoekenning van die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds te ontvang. Baie dankie daarvoor, asook vir die ondersteuning met my studies. Ek waardeer dit opreg!