yanaEk het in 2015 aan die Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria gematrikuleer met  ʼn voltal onderskeidings en was vise-presidente van die skool.

Tans is ek derde jaar medies, en hoewel akademiese sukses belangrik is, probeer ek tyd maak vir ander dinge wat niks met eksamens te doen het nie -maar meer met die hart!

Ek is betrokke by verskeie uitreikaksies, onder meer Tuks se Vriende van Dokters Sonder Grense, wat aan minderbevoorregte mense toegang gee tot mediese dienste.

Ek is ook ʼn lid van TULIP, ʼn studente-organisasie wat behoeftige skoolkinders help om leiersvaardighede te ontwikkel, hulle akademies voor te berei vir tersiêre onderrig en om finansiële bystand bied.

Ondanks ʼn baie besige program het ek onlangs my eerste halfmarathon onder 2 uur voltooi!

ʼn Groot dankie aan die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds wat drome waar laat word – ʼn ware bondgenoot op my pad na sukses.