ZanderEk het in 2014 aan Hoërskool Potchefstroom Gimnasium gematrikuleer. Ek is tans  derde jaar ‘ B.Sc. in rekenaarwetenskap en inligtingstegnologie by Noordwes Universiteit se Pukkekampus.

Dit is ook die derde jaar wat Helpmekaar my studies finansieel ondersteun. As sulks is dit ‘n groot geleentheid wat Helpmekaar aan my en  baie ander gee.

Ek is in 2017 as Golden Key-lid  aangewys. In my vrye tyd geniet ek dit om te oefen, en ek sal graag weer aan die Noord-Wes rotsklimklub deelneem.

Dit is ‘n groot eer om vir ‘n derde jaar van Helpmekaar ondersteuning te kry ., Dit voel asof hulle regtigwaar my harde werk erken en beloon. Baie dankie vir die ondersteuning en ek hoop in die jare wat kom sal Helpmekaar meer studente kan ondersteun wat hulself in soortgelyke omstandighede bevind.