Wat bied ons?

Om deesdae te studeer, is nie goedkoop nie. Daarom bied ons:

  • Studielenings van tot R70 000 per jaar vir die volle studietydperk.
  • Terwyl jy studeer, leen jy die geld teen 3 persentasiepunte onder prima-rentekoers. Daarna word dit prima.
  • Vir elke jaar wat jy studeer en slaag, het jy 2 jaar om terug te betaal.
  • As jy goed presteer, kan jy n meriete toekenning kry van tot R7000. Dié geld kan jy aanwend tot voordeel van jou studies.

Hierdie studielenings geld vir verdienstelike aansoekers in Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en die Vrystaat.

Die jaarlikse lening word as volg uitbetaal (uiteraard indien jy slaag en jy vir ons jou uitslae gestuur het):

  • 1’e betaling: 50% van die leningsbedrag word uitbetaal na ontvangs van jou registrasiebewys.
  • 2’e betaling: Die res word in Julie/Augustus uitbetaal na ontvangs van jou amptelike uitslae vir die eerste 6 maande.

In ruil hiervoor vra ons:

  • Dat jy ‘n debietorder onderteken om die rente op jou lening maandeliks te delg. As jy klaar studeer het, word die rente deel van jou maandelikse terugbetalingsbedrag.
  • Ons verwag van jou om die uitstaande bedrag van jou lening deur ons groepversekering te laat dek ingeval dood of liggaamlike ongeskiktheid terugbetaling van die lening bemoeilik. Die versekering verval wanneer die lening afbetaal is. Ons probeer om die premie so laag as moontlik te hou. Hierdie bedrag word by die lening gevoeg.
  • Ons verwag ook dat jy hard sal werk en slaag. Ongelukkig kan nie voortgegaan word met ‘n verdere uitbetaling indien jy nie met jou volgende studiejaar kan voortgaan nie.
  • Ten slotte vereis ons dat jy al die voorwaardes nakom soos vervat in die dokumente wat jy onderteken.

Lekker studeer!