Om met ‘n onderskeiding in B Com Rekeningkunde by UJ te slaag, is ’n mylpaal wat ek vir altyd sal koester. Hierdie prestasie is nie net myne nie – dit is die resultaat van ongelooflike ondersteuning, leiding en aanmoediging van diegene wat in my geglo het. Aan my familie en vriende, dankie dat julle my rots was deur uitdagende tye. Julle motivering en ondersteuning het my gedryf om meer te bereik as wat ek gedink het moontlik is. Aan my dosente en medestudente, julle toewyding, kundigheid en kameraadskap het my geïnspireer om elke dag na uitnemendheid te streef.
En dan laastens, is ek ongelooflik dankbaar vir die geleentheid wat die Noordelike Helpmekaar Studiefonds vir my gegee het. NHS het, en maak dit steeds vir my moonlik om my voor en na – graadse studies te voltooi by ’n instelling wat groei en uitnemendheid bevorder. Hierdie sukses is die resultaat van harde werk, toewyding, en ondersteun. Dankie aan almal!