Ek het in 2024 my B.Com-graad in Menslike Hulpbron bestuur aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Dit was ‘n drie jaar graadkursus en seker die beste paar jare van my lewe. Ek het so baie gegroei en ‘n nuwe waardering vir lewe en menswees gekry.

Ek het my passie vir tale en “puzzles” ontdek en leer myself nog ken op alle fronte. Ek het vriendeskappe gemaak wat ek weet ‘n leeftyd sal hou. Ek het ‘n paar lewenslesse geleer, maar nou weet ek om niks as vanselfsprekend te aanvaar nie.

My graad het my voorberei en my in staat gestel om die jaar (2025) ook ‘n werk te kry as Menslike Hulpbron-assistent, waar ek elke dag iets nuuts leer van my loopbaan, mense ontmoet en nuwe verhoudings bou.

Soos my gradeplegtigheid nader kom en ek die nuwe hoofstuk van my lewe betree, kyk ek terug na die afgelope 3 jaar met dankbaarheid aan die Here en die Noordelike Helpmekaar Studiefonds, wat alles wat ek nou het moontlik gemaak het. Die paadjie wat ons saam gestap het, het ‘n bydrae gelewer vir my lang pad vorentoe.