Ek is tans in die tweede jaar van my MTh aan die Universiteit van die Vrystaat. Sonder die hulp en bystand wat die Noordelike Helpmekaar Studiefonds gebied het, sou ek nie my B.Div suksesfol voltooi het nie. Dit het gelei tot my verdere studie.
Ek streef steeds om my kwalifikasie klaar te maak en dit dan toe te pas in die gebroke wêreld waarin ons daagliks leef. Tans bevind ek myself in die finansiële sektor waarin ek graag verder wil studeer in ‘n poging om my roeping op beide die teologiese- en finansiële gebied suksesvol te intergreer.
Die Noordelike Helpmekaar Studiefonds het ‘n werklike verskil in my lewe gemaak deur al die moontlikhede oop te sluit.