Ek is 23 jaar oud en in my finale jaar BCom Regte LLB graad aan die Universiteit van Pretoria. Ek voel bevoorreg om die merietetoekenning te ontvang op grond van my vierde jaar uitslae in 2024.
NHS het absoluut as ‘n antwoord op ons gebede gekom en God het deur die fondse dit vir my moontlik gemaak om te begin werk aan my droom om ‘n prokureur the word. Hierdie merietetoekenning verteenwoordig die vrug van die harde werk wat ek ingesit om die meeste van die geleentheid, om the kan studeer, te maak.
Ek dink dis ongelooflik dat NHS dit nie net moontlik maak vir jong mense om hulle drome en volle potensiaal uit te leef nie, maar ons bonop aan te spoor om ons beste resultate te lewer.
Ek is ewig dankbaar vir die geleentheid om die pad vir die laaste vier jaar met NHS te kon stap en ek sien daarna uit om in my finale jaar my absolute beste te gee en die beste van die geleentheid te maak. Hierdie merietetoekenning spoor my net verder aan om aan te hou om hard te werk tot die einde.