Ek het grootgeword in Centurion en in 2023 aan die Hoërskool Eldoraigne gematrikuleer. Tans studeer ek by Sol-Tech.

Ek is tans besig met my opleiding as meulmaker—’n ambag wat ’n unieke kombinasie van meganiese en elektriese kennis vereis.

Met hierdie kwalifikasie (Beroepsertifikaat: Meulmaker, NKR-vlak 4) word ek goed voorberei vir ’n loopbaan in die vervaardigings- en produksiebedryf waar gevorderde outomatisering en tegnologiese integrasie aan die orde van die dag is.

Ek is passievol oor tegniese werk en streef daarna om nie net ’n bekwame vakman te wees nie, maar ook iemand wat ’n positiewe bydrae tot die nywerheidslandskap van Suid-Afrika kan maak. Hierdie studierigting laat my toe om my liefde vir tegniek, probleemoplossing en praktiese uitdagings uit te leef.

Laastens wil ek graag opregte dank betoon aan NHS wat dit vir my moontlik gemaak het om my studies aan Sol-Tech voort te sit deur ’n studielening aan my toe te staan. Hierdie finansiële ondersteuning is vir my van onskatbare waarde en dra direk by tot my toekomsdrome om ’n gekwalifiseerde en volwaardige meulmaker te word.