Ek is 23 jaar oud en het onlangs gegradueer as n Medical Orthotist and Prosthetist of eerder ‘n MOP.

My paadjie het begin in graad 11, toe ek die geleentheid gehad het om te observeer by n praktyk in Johannesburg. Ek het onmiddellik geweet dat ek gebore is om ‘n ortotis te wees.

Ek het baie geleer in die  laaste 4 jaar. Van die menslike liggaam tot verskeie materiale wat gebruik kan word om ortose en prostese te maak. Ek het geleer hoe om verskillende stutte te maak vir al die gewrigte in die menslike liggaam, van kop tot toon.

My heel gunsteling deel was om te leer hoe om n prostese te maak van die heel begin waar mens die pasient se stompie gips, tot by die finale prostese wat die pasiënt dan aanpas en gebruik.

As Ortotis het ek die geleentheid om van ‘n praktiese- en teoretiese aspekt ‘n verskil in ander se lewens te maak.