In 2024 het my studie avontuur begin op Stellenbosch waar ek B.Rek studeer.
Ek het fantastiese lojale vriende ontmoet en saam inspireer ons mekaar om aan heerlike aktiwiteite deel te neem soos om die Argus te ry, berg te klim en saam te toer.
Ek geniet my studies en is elke dag dankbaar vir die voorreg wat NHS my bied om hier te studeer.
Om ‘n balans in te handhaaf is baie belangrik. Ek is elke dag dankbaar teenoor die Here vir hierdie voorreg om te studeer en dit ook te geniet.
Baie danke NHS vir die ekstra merietetoekenning. Dit sal beslis ‘n paar gaatjies toestop!