Ek is 21 jaar oud en tans in my 4de jaar LLB aan die Universiteit van Pretoria.
Van jongs af is ek geleer om alles wat ek aanpak na die beste van my vermoë te doen. Wat ek begin moet ek klaarmaak, van klavier, ritmiese gimnastiek, redenaars, drama, koor, revue, crossfit, noem maar op, my ma het my ingeskryf. Dit het my geleer hoe om my tyd te bestuur. Daar was altyd vir my gese dat ek “boekslim” is, maar gedurende my universiteitsloopbaan het ek geleer hoe om my kennis prakties toe te pas.
Die kursus waarop ek besluit het, het my vinnig gewys dat dit nie speletjies is nie, maar ek skrik nie sommer vir harde werk nie. Ek moes in my derde jaar vining leer hoe om my pligte as lid van die beheerliggaam van ‘n Daghuis saam met sport en akademie, te hanteer. Met vroeëre ondervinding van ‘n besige skedule, kon ek dit maklik regkry, maar soos die lewe maar is was daar uidagings. Op die ou einde het dit van my ‘n sterker en meer selfstandige jong dame gemaak en ek is trots op die persoon wie ek nou is.
My planne vir die toekoms is om my “articles” by ‘n regsfirma te voltooi. In my twee jaar van “articles”, hoop ek om my prokureurstoelatingseksamen met onderskeiding te slaag. In die toekoms, as dit die Here se wil is, sal ek graag my advokaatstoelatingseksamens wil slaag en n advokaat word. Een van my grootse doelwitte gedurende hierdie tyd sal wees om n verskil in mense se lewens te maak deur gebruik te maak van my vaardighede as prokureur.
NHS het dit vir my moontlik gemaak om in hierdie rigting te studeer. Hulle betaal nie net vir my studies nie, maar beloon my ook met ‘n merietetoekenning vir goeie akademiese prestasie.