Ek is a tans ‘n Honeurs student in B Com Bedryfsielkunde aan die Universiteit van Pretoria en het my voorgraadse B Com-graad in Bedryfsielkunde aan die NWU voltooi.

My einddoel is om my meestersgraad in Kliniese Sielkunde te verwerf, so daar is nog ‘n lang pad wat vir my voorlê.  Ek is on gelooflik dankbaar om te wees waar ek vandag is.

 Ek is dankbaar vir almal wat my pad tot hier moontlik gemaak het. My ouers, familie, vriende en die NHS. My graad en waar ek vandag staan sou nie moontlik wees sonder hulle ondersteuning nie. Dankie dat julle in my drome glo en my aanhou aanmoedig en ondersteun op my pad.

 

Ek is opreg dankbaar vir almal wat ‘n rol gespeel het in my studies en wat my inspireer om aan te hou werk sodat ek my drome kan bereik. Alle eer aan die Here, sonder Hom sou niks wat ek bereik het, moontlik wees  nie.