Ek is tans ‘n 4de jaar mediese student aan die Universiteit van Pretoria.  Sover geniet ek nog elke oomblik van my studies, alhoewel dit nie heel tyd maanskyn en rose was nie.

Ons het in 2024 verander van hoofsaaklik net teorie, na half dag prakties, half dag teorie toe.  Die oorskakeling het my nogal onkant gevang en ek het aan die begin van die jaar gesukkel om aan te pas by die nuwe roetine.  Daar was ‘n paar weke waar dit gevoel het asof ek net nie ‘n oomblik tot stilstand kon kom nie.  Dit is in die tydperk waar die Here se genade vir my ‘n werklikheid geword het.  Ek is dankbaar vir die seisoen waardeur ek gaan, want dit het my geloof versterk en ek kan sonder twyfel sê Hy is die rots waarop ek staan.

Ek waardeer my vriende en familie wat my bygestaan het tydens die besige seisoen. Hulle het my gereeld opgedra in hulle gebede en my konstant terug verwys na die Here toe. Verder is ek dankbaar vir die finansiële ondersteuning van NHS wat verseker dat ek nie finansiële stres ook nog hoef te verduur nie.