Ek is tans in my tweede jaar by die NWU, besig met my BTh-graad in Teologie met Pastorale berading en Sielkunde as hoofvakke. Hierdie studierigting is vir my baie belangrik , aangesien ek ‘n roeping het om mense geestelik en emosioneel by te staan. Ek streef daarna om my Meestersgraad te verwerf en my eie praktyk te begin. Ek glo dat ware hulp en ondersteuning begin waar geloof, empatie en kennis mekaar ontmoet.

Ek is baie dankbaar vir die ondersteuning wat ek ontvang tydens my studies en werk daagliks hard om die beste van hierdie geleentheid te maak.

My droom is om eendag in ‘n gemeenskap te dien waar ek as pastorale berader mense help, ondersteuning bied en genesing bewerkstellig  deur ‘n geloofsbenadering.

Ek wil graag die NHS bedank vir hul ongelooflike ondersteuning gedurende my studies. Sonder hul finansiële hulp sou dit nie vir my moontlik gewees het om my akademiese- en geestelike doelwitte na te jaag nie. Baie dankie, NHS!