Ek is tans in my finale jaar by die Universiteit van Pretoria (Tuks) besig met my Bedryfsingenieurswese graad. Ek het altyd ‘n groot passie gehad vir Wiskunde en Fisiese Wetenskappe en het daarvan gehou om verskillende metodes toe te pas om probleme te probeer oplos. Ek het na skool, eers ‘n jaar in BSc Biologiese Wetenskappe gedoen waarin ek vas geglo het dat Veeartseny die rigting vir my was.
Aan die einde van 2020, het ek besluit dat ek iets anders wil studeer en, na baie navorsing en gebede het ek besluit om Ingenieurswese te studeer. Die pad was nie maklik aan die begin nie, veral toe ek my 1ste jaar tydens COVID begin het.
Ek het aanhou hard werk en my graad al hoe meer begin geniet, en na 2024 kan ek sê dat al daardie harde werk in my uitslae gewys het.
Dit was vir my regtig ‘n eer om die merietetoekenning te ontvang en ek wil net dankie sê aan NHS dat hulle vir my die geleentheid en finansiële ondersteuning gegee het om te kan studeer!
Ek wil ook net erkenning gee aan my familie, veral my ouers en my oupa, wat my gehelp het om op Bedryfsingineurswese te besluit.
Hierdie rigting was die beste besluit wat ek gemaak het, want dit gaan my die geleentheid gee om werklike probleme op te los en ook saam met ‘n span te werk wat regtig ook ‘n verskil wil maak in mense se allerdaagse lewens.