Om ‘n meriete toekenning te ontvang is voorwaar ‘n wonderwerk! Dit was vir my ‘n eerlike voorsiening van Onse Vader in die hemel en harde werk, keer op keer opstaan en weer probeer. Sonder Hom sou dit nie moontlik wees nie. Ek het geen verwagtinge gehad nie, net Hy het vir my die krag gegee om deur te druk en my beste te gee, ‘n wonderlike verrassing!

Ek is n 3rde jaar Regte – LLB student. Dit was nie maklik nie maar sodra jy weet wat jou sterk punte is, kan jy daardie gawes gebruik vir jou eie drome en sukses. Ek het die wil om een ding waarin ek goed is, so mooi uiteen te sit vir myself dat ek weet ek kan die beste binne my vermoë doen. Dit sê nie ek stel nie belang in ander gawes wat vir my geleen is nie, dit is net so ‘n groot voorreg om te hê.

My einddoel is om in die korporatiewe wêreld in te gaan in ‘n kommersiële rigting, en daar ‘n verskil te maak.

Ek is dankbaar vir die Noordelike Helpmekaar Studiefonds. Hulle maak dit vir soveel studente moontlik om ons drome te volg.  Dit is ‘n organisasie wat mens kan vertrou.