Ek het onlangs my BCom-graad in Bestuurswetenskappe met spesialisasie in Kommunikasiebestuur aan die NWU se Potchefstroom-kampus met onderskeiding verwerf. Tans is ek besig met my BCom Honneursgraad in Bemarking – ’n veld waarin ek belangstelling het en waarin ek graag my loopbaan wil vestig.
My studentetyd is nie net deur akademiese prestasie gekenmerk nie, maar ook deur aktiewe deelname aan die dinamiese kultuur van Dinki, my koshuistuiste. Hier het ek waardevolle ervaring opgedoen en persoonlik gegroei deur verskeie koshuisaktiwiteite en geleenthede.
Ek wil graag my opregte waardering uitspreek teenoor die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds vir hul ruimhartige ondersteuning. Julle bydrae maak nie net my studies moontlik nie, maar gee my ook die vrymoedigheid om voluit op my toekoms te fokus. Baie dankie dat julle in my glo en my help om my drome te bereik.