Ek is tans‘n trotse student by Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom. Na my drie jaar graad in BSoc Sielkunde met Sosiale Wetenskappe, het ek die geleentheid gekry in verder te studeer en ek is nou‘n tweedejaar student besig met my BWS, ‘n Maatskaplike Werkers graad. In my studenteloopbaan het ek die geleentheid gehad om deel te wees van die NWU Koor, verskeie sub-kommittees asook die Huis Komitee van Dinki Daghuis. Ek is ‘n lid van die Koshuis Komitee van die Universiteit.

Ek glo dat almal mense wil help op hul eie manier, in hulle eie beroep, maar ek is so dankbaar dat ek die geleentheid kry om mense te kan help wat hulleself nie altyd kan help nie, in my beroep as ‘n maatskaplike werker. Dit is ‘n beroep waar my harde werk iemand anders se lewe kan verander, en ek streef om eendag in ‘n spasie te kan werk waar ek ‘n tasbare verskil kan maak.

Ek wil graag die Noordelike Helpmekaar Studiefonds bedank vir finansiële ondersteuning wat my in staat stel om my droom na te jaag. Sonder hul hulp sou ek nooit die geleentheid gehad het om my ware roeping na te streef nie. Duisende dankies NHS!