Ek is tans ‘n 5de jaar mediese student aan die Universiteit van Pretoria. 2024 was beslis die mees veeleisende studiejaar wat ek al ervaar het, maar as ek terugdink, voel ek vreeslik trots op alles wat ek bereik het – selfs al het dit soms onmoontlik gevoel. Met my studies wat volgende jaar tot ‘n einde kom is my grootste belangstelling tans Oftalmologie (oog spesialis).

Vir nou fokus ek egter om deur te druk met die laaste jaar en ‘n half van my studies.  Ek is vreeslik opgewonde dat ek al hoe nader aan my doelwit kom om ‘n dokter te wees.

Met die hulp van die NHS word my droom bewaarheid.