Ek is tans ‘n B Com Regte-student aan die Universiteit van Pretoria.

Vandat ek met my studies begin het, het ek konstant daarna gestreef om akademiese uitnemendheid te behaal. In 2024 het ek een van my beste akademiese jare beleef,  Alhoewel die Universiteit definitief ‘n groot aanpassing was, het harde werk na hierdie spesiale erkenning deur die Noordelike Helpmekaar Studieleningsfonds.

Buiten my studies, stel ek belang in tegnologie, regsnavorsing en algemene kennis en is ek van plan om praktiese ervaring op te doen deur internskap later die jaar.

Verder hou ek myself besig as ‘n lid van NG Universiteits Oord se Bedieningsraad en as die voorsitter en sekretaris van die Universiteit van Pretoria se Ultimate Frisbee span, Tuks Thunderbirds.

My toekomsvisie is om nie net in my beroep uit te blink nie, maar ook om ‘n positiewe bydrae tot my gemeenskap en die breër samelewing te maak. Ek glo vas dat harde werk, deurlopende leer, en ‘n passie vir dit wat ek doen, die sleutels tot volhoubare sukses is.

Ek is baie dankbaar teenoor die Noordelike Helpmekaar Studiefonds vir hulle ondersteuning, en ek sien daarna uit om voort te bou op hierdie basis van geleenthede en sukses.