Ek het in 2021 aan die Hoërskool Florida matrikuleer, waarna ek my studies in Biomediese Ingenieurswese aan die Universiteit van die Witwatersrand begin het. In April vanjaar het ek met trots gradeer  en  in my graad in Biomediese Ingenieurswese verwerf. Kort daarna het ek my studies in Inligtingsingenieurswese voortgesit, en danksy my agtergrond kon ek op derdejaarsvlak inskakel.

Tydens my voorgraadse studies het ek aan verskeie tegniese projekte gewerk wat my liefde vir praktiese probleemoplossing verder aangevuur het.

Ek het MATLAB en beeldverwerking gebruik om malariaparasiete in bloeduitsmeersels te identifiseer.

Ek het ook baie gewerk met die Arduino Uno-mikrobeheerder, insluitend ’n projek waarin ons ‘n metode ontwikkel het om essential tremors te diagnoseer deur handbewegings te ontleed. Ander projekte sluit in die ontwikkeling van ‘n temperatuur- en humiditeitsmonitor, ’n spel wat binêr na desimaal omgeskakel het, en ’n Morabaraba-speletjie-algoritme. Hierdie ervarings het my vaardighede in elektronika, sagtewareontwikkeling en data-analise versterk.

Ek is baie lief vir tegnologie en glo dit kan ’n groot verskil maak – veral wanneer dit gebruik word om mense se lewens te verbeter. Ek stel spesifiek belang in hoe ingenieurswese en medisyne kan saamwerk om oplossings te skep wat werk in die regte wêreld, nie net op papier nie.

In my vrye tyd hou ek daarvan om koffie te drink – nie net vir die smaak nie, maar vir die rustigheid en bietjie nadink-tyd wat dit bring. Ek geniet dit ook om in die natuur te wees, waar ek inspirasie kry uit die eenvoud en kompleksiteit van alles rondom my. Daardie rustige oomblikke help my om weer perspektief te kry en met nuwe energie na probleme terug te keer.

Ek het van kleins af geweet ek wil ’n ingenieur wees. Ek het daarvan gehou om goed met my hande te bou en uitmekaar te haal, en toe ek op hoërskool begin programmeer het, het alles net in plek geval. Ek het besef dat tegnologie nie net oor toerusting gaan nie, maar oor kreatiewe denke en praktiese oplossings.

Sonder die ondersteuning van die NHS sou hierdie reis nie moontlik gewees het nie. Ek is regtig dankbaar vir die kans om my studies voort te sit, en gee alle eer aan God vir die pad wat ek kon stap tot dusver.

Ek sien daarna uit om in die toekoms my kennis en vaardighede te gebruik om ’n verskil te maak – nie net in biomediese ingenieurswese nie, maar oral waar tegnologie mense se lewenskwaliteit kan verbeter.