Ek is tans besig met my derde jaar in Verpleegkunde aan die NWU se Potchefstroom-kampus. Van kleins af het ek geweet dat ek eendag ‘n suster wil wees wat almal se stukkende plekkies heel maak. Min weet die meeste van ons wat die toekoms vir ons inhou, maar danksy baie genade en die hulp van NHS is ek ‘n klein treetjie nader aan my droom.

Verpleging is ‘n beroep wat min mense ware kennis van dra. Dit is breed met baie opwindende en soms hartseer verhale. Nie net doen ek oneindig baie kennis in die klas op nie, maar by elke pasiënt waarmee ek te doen kry leer ek nog meer, want elkeen het ‘n lewensverhaal.

Soos elke ander beroep, het Verpleging ook sy uitdagings, maar om elke dag in die beroep te lewe en te groei is n ware voorreg.

Danksy NHS kan ek my kleintyd droom bewaarheid en op my unieke manier weer my deel aan die gemeenskap terug gee. Baie dankie vir daardie voorreg.