Ek het in 2017 matrikuleer met ses onderskeidings. Tans is ek ’n tweedejaar student by die Noord-Wes Universiteit se Potchefstroomkampus.

My droom is om eendag as ’n Kliniese Sielkundige te registreer. Om dit reg te kry, het ek drie grade nodig. Sonder die hulp van die Noordelike Helpmekaar Studieleningsfonds sou hierdie droom doodeenvoudig buite my bereik wees, maar te danke aan NHSF is al waaroor ek myself nou hoef te bekommer, my akademie.

Ek was baie opgewonde toe ek in my eerstejaar ontdek dat ek Skryfkuns as module kan neem as deel van my BA graad in Sielkunde en Tale, aangesien ek baie lief is vir kortverhale skryf en hoop om dalk eendag ’n boek te publiseer. Ek is baie dankbaar vir die NHSF wat al hierdie geleenthede vir my help moontlik maak het.