Ek is Karlienke Durandt en is tans besig met my tweede graad , LLB, aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom.  Ek het in Benoni gematrikuleer aan  Benoni High met 4 onderskeidings.  Na my matriekjaar het ek in Stellenbosch my ware roeping gevind in regte, nie in rekeningkunde nie.  Na my ontdekking het ek my nuwe roeping gevolg toe ek  by Pretoria Bcom Regte begin studeer het. Terselfder tyd het ek ook twee werke gehad. Die Noordelike Helpmekaar Studiefonds het die geleentheid vir my toe gegee om nie net  een graad te verwerf nie ,maar as ook  my tweede graad.  Met hulle finansiële hulp het ek ‘n onderskeidingsgemiddeld vir 2020 behaal.   Ek is ook uitgenooi om deel te word van die Golden Key Society.  Sonder Noordelike Helpmekaar Studiefonds sou geen van my prestasies moontlik gewees het nie, en daarvoor sal ek vir ewig dankbaar wees.