Ek het groot geword in ‘n klein dorpie in die Noord-Wes met baie groot drome. Met Barry Roux as my rolmodel het die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds dit vir my moontlik gemaak om LLB te gaan studeer aan die Universiteit van die Vrystaat. Hulle het my gehelp om ‘n paar stappies in die regte rigting te gee en ‘n blink toekoms vir myself te skep. Ek is opgewonde oor wat die pad voorentoe vir my inhou en dankbaar dat die NHSF oor my pad gestuur is.