NHSF het vir my ‘n fantastiese geleentheid gegee en ek is dankbaar vir dié besondere ondersteuning op tersiêre vlak.

Ek het aan die klein Mountain Cambridge School (Hartbeespoort) in 2017 gematrikuleer met 5 onderskeidings en is as Dux-leerling vir die jaar aangewys. Ek het al vanaf Gr 8 in die IT-rigting belanggestel en het gereeld ure met rekenaars en ander elektroniese toestelle spandeer.

Ek is in 2018 aanvaar vir ‘n BIT-Programmeringsgraad aan die Universiteit van Pretoria. Ek het onmiddellik by die nuwe omgewing aangepas en vinnig in ‘n studenteroetine ingeval. My eerste jaar eindresultate was ‘n gemiddeld van 73% en ek kon vinnig sien dat ek ‘n baie goeie besluit in terme van my keuse van studierigting geneem het. 

Ek is tans in my tweede jaar en al is die vereistes moeiliker, het ek my werksetiek goed daarby aangepas. My stokperdjies is hoofsaaklik gerig op my belangstelling in programmering en sagteware. Ek bestuur ‘n aktiewe YouTube kanaal en is ook ‘n video-skepper op ‘n Amerikaanse webtuiste genaamd Amino Apps.