DominiqueOm weens ʼn tekort aan geld jou drome vir die toekoms te laat vaar, sal glad nie lekker wees nie. Maar gelukkig is daar engele soos die mense by die Helpmekaar-Studiefonds!

Dis hulle wat dit vir iemand soos ek moontlik maak om op universiteit te wees. Akademie was nog altyd my eerste prioriteit, maar goeie punte is nie altyd genoeg nie. Ek kan met alle eerlikheid sê dat ek nie vandag sou gewees het waar ek is, sonder Helpmekaar nie.

Dit is aan Helpmekaar te danke dat ek nou 3de jaar B.Com. (Regte) en ’n trotse PUK is.

  • En ek is nie die eerste lid van ons familie wat ʼn Helpmekaar-lening kon kry nie – albei my broers kon ook hul studies met ’n NHSF-lening voltooi. Daarby is my niggie ook ’n eerstejaar op die PUK – ook danksy Helpmekaar!

My hart is vol dankbaarheid. Dankie Helpmekaar vir alles wat ek mag ervaar!