EkJacques Linde het in 2016 gematrikuleer aan die Hoërskool Wilgerivier – in Frankfort, ʼn klein plattelandse dorpie in die Vrystaat.

Die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds het dit vir my moontlik gemaak om verlede jaar sagteware-ontwikkeling te studeer en tans is ek besig met databasisontwikkeling. Een van my groot drome is om my eie onderneming met speletjiesontwikkeling te begin.

Hierdie merietetoekenning was ʼn baie groot verrassing. Ek wil weer eens baie dankie sê vir alles wat die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds vir studente doen en beteken. Daarsonder sou die drome van so baie studente nie kon waar word nie.