As finale jaar mediese student aan die Universiteit van Pretoria is hierdie my laaste geleentheid om ‘n baie groot dankie aan Noordelike Helpmekaar-Studiefonds te sê vir die puik finansiële bystand.

Ek is dankbaar dat ek tot dusver al my akademiese doelwitte kon bereik, wat lidmaatskap van die Golden Key Organisasie insluit, asook om ‘n gemiddeld van bo 80% te handhaaf tydens al my studie jare. Ondanks ‘n strawwe akademiese program was ek ook deel van die “worship band” by die kerk en het volhard met ‘n streng oefenprogram.

Die afgelope 10 maande was ‘n uitdagende tydperk van voortdurende kliniese rotasies, harde werk, toewyding en ….COVID. Wanneer ek destyds gedroom het oor my laaste 18 maande van medies, het ek kwalik gedink aan N95-maskers, latex-handskoene en ‘n groot pandemie.  Net genade en ‘n positiewe gesindheid kan jou voortdurende angs, dat jy jou geliefdes met COVID kan infekteer, besweer.

NHSF laat drome waar word…..