Ek het in 2017 matrikuleer aan die Hoërskool Florida in die Wesrand. Ek is in 2018 aanvaar om by die Universiteit van die Witwatersrand vir die MBBCh-graad in te skryf. Aan die einde van my eerste jaar is ek genooi om deel te wees van die Golden Key International Honour Society. Ek is tans besig met my vyfde jaar van mediese opleiding, wat meer klinies van aard is: ek het sover vanjaar al by Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal en Rahima Moosa Moeder- en Kinderhospitaal gewerk. Die wye verskeidenheid van gevalle wat hierdie hospitale bied, slyp my as toekomstige dokter binne die Suid-Afrikaanse konteks. Ek het ‘n groot passie vir kennis en ek wil graag ‘n hulp vir mense wees. Dit is hoekom ek glo dat medies die regte rigting vir my is. 

Verder het ek ‘n passie vir musiek, en dit was ‘n groot eer om vir die afgelope vyf jaar in my kerk se orkes te speel. Ek is ook lief vir storieboeke lees, veral fantasie en wetenskapfiksie. Ek spandeer die meeste van my vrye tyd saam met my vriende en familie. 

Ek is dankbaar vir die Helpmekaar-Studiefonds dat hulle my in staat stel om by een van die top mediese fakulteite in Suid-Afrika te kan studeer.