Ek is ‘n finale jaar BA Kommunikasie-student aan die Noordwes-Universitiet se Potchefstroom-kampus. My belangstellingsveld word gestimuleer deur die verskeidenheid van vakke en diversiteit wat hierdie graad bied. 

Danksy die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds is ek in my finale jaar met my oog daarop om volgende jaar my honneurs te doen. Te danke aan hulle kan ek my passie uitleef en elke dag ‘n stappie nader kom aan my drome.