Ek studeer BSc-Argitektuur aan die Universiteit van Pretoria. Ek is tans in my derde en finale jaar van my graad. Ek sien baie uit om volgende jaar die beroepswêreld te betree en my passie vir argitektuur en my gemeenskap te kan uitleef. Hiermee wil ek graag vir die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds opreg dankie  sê vir die geleentheid wat hulle my gebied het om my droom waar te maak. Ek is so dankbaar vir die hulp en ondersteuning wat hulle my gebied het deur die 3 jaar van my studies en te danke aan hulle kan ek vir die res van my lewe my passie uitleef en daarvoor sal ek ewig dankbaar wees.