Ek het matrikuleer in 2015 aan die Hoërskool Florida. In 2016 het ek begin met my studies in  Diagnostiese Radiografie aan die Universiteit van Johannesburg.

Ons is die eerste groep wat hiermee aan die universiteit begin het. Die kursus vereis ook van ons om praktiese blootstelling te kry gedurende die vierjaar studietydpperk. Ek doen tans  my praktiese opleidings deur Dr. De Villiers en Vennote by Krugersdorp Privaat Hospitaal.

Die einde is in sig en ek is ongelooflik dankbaar teenoor Noordelike Helpmekaar Studiefonds wat dit vir my finansieel  moontlik gemaak en sodoende die geleentheid gebied  het  om my passie uit te leef.

Ek wou nog altyd ‘n beroep in die mediese veld  beoefen en is nou is ek op die punt om my toekomsdroom te bewaarheid deur die ondersteuning wat ek ontvang het. Ek beywer myself om  leerwerk met entoesiasme en durf aan te pak sodat ek die vrugte kan pluk van my harde werk aan die einde van hierdie tog.

Ek kan nie genoeg dankie sê vir die krag wat die Here my daagliks gee om die beste weergawe van myself te wees nie, asook die ondersteuning van my familie en vriende. Elkeen se bydrae het gelei tot die sukses wat ek tot dusver behaal het.

“Dankbaarheid gee sin aan gister, gee vrede vir vandag en skep drome vir môre”